Local newsNews

Daar is nog mense wat omgee

Talle inwoners het hul harte vir die paartjie oopgemaak.

Skenkings het nog nie ophou instroom sedert Debbie en Marius Prinsloo se verhaal van swaarkry en werkloosheid in die 18 April-uitgawe van die news verskyn het nie.

Ten spyte van die uitdagings het die paartjie aan die news vertel dat hul sterk gekant is teen bedel en dat hulle vir ‘n inkomste wil werk.

“Ons is oorlaai met klere en skoene en sommer allerhande items wat die gemeenskap by ons voordeur kom aflaai het sodat ons dit weer kan verkoop om ‘n inkomste te kry,” vertel Debbie.

Marius wat vir die news van sy stryd om werk te kry vertel het, het intussen ‘n werk as dagloner gekry.

“My werkgewer,” noem Marius die weldoener trots, “het ons storie in die koerant gelees en het daar en dan besluit om na ons huis toe te kom om vir my ‘n werk aan te bied.”

Sedert hy nou weer van nut kan wees deur hande-arbeid te verrig, sê Marius dat “die wêreld sommer ‘n beter plek is”.

“Ons het baie lanklaas met ‘n hart vol bekommernis gaan slaap,” voeg hy by.

Die paartjie bedank die groep inwoners, wat meestal anoniem wou bly, inniglik vir al die skenkings.

Sedert die news die paartjie se verhaal gepubliseer het, is baie terugvoering ontvang.

Die oorgrote meerderheid het laat weet dat hulle bly was dat daar inwoners van Krugersdorp is wat nie deel wil word van die groeiende bedeltendens in die area nie, terwyl ander sterk gekant is teen die sogenaamde straathandel.

Die news vertel graag stories van Krugersdorp se mense en die unieke maniere waarop hulle te werk gaan om uitdagings te oorkom.

Woon daar iemand in jou staat wat ander met jou lewensverhaal kan inspireer, of is jy dalk self so iemand? Laat weet ons gerus.

Stuur ‘n epos na krugersdorpnews@caxton.co.za of lewer gerus kommentaar onder aan die artikel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button