Local newsNews

Polisie stuit kabeldiewe in hul spore

Die flink optrede van die Krugersdorp polisie het gekeer dat die diewe met die kabels vlug.

Kabeldiewe het hulle rieme styfgeloop toe ‘n Mindalore-inwoner die polisie van hulle bedrywighede in kennis gestel het.

Willem du Toit het die polisie gekontak toe ‘n Mogale City Verkeersbeampte, wat ‘n spoedkamera aan Albertina Sisuluweg beman het, hom vertel het dat hy verdagte persone in die lang gras langs die treinspoor gesien het.

Tshepiso Mashale, Krugersdorp-polisiewoordvoerder sê die polisie is uit na die toneel waar hulle drie mans op heterdaad betrap het.

“Die mans het die polisie gesien en probeer weghardloop, waarna die polisie hulle agterna gesit het. Ongelukkig kon hulle nie die verdagtes aankeer nie omdat die lang gras hulle werk bemoeilik het.”

Konstabels Thabo Tlhapane, Malebati Letsoalo, Dakalo Nemasisi en sersant Mzonzima Mangesi het op verskeie stukke gereedskap soos grawe en pikke beslag gelê.

Mashale sê hulle het vasgestel dat die mans besig was om kabels te steel.

“Hulle vinnige reaksie het verhoed dat die verdagtes die kabels kon wegdra.”

Sy sê die gesteelde kabels is tans by die Krugersdorp Polisiestasie en ‘n saak van kabeldiefstal is geopen. Niemand is tot dusver daaroor in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button