Local newsNews

Voetganger sterf na motor hom tref

'n Voetganger is dood toe 'n motor hom gedurende die spitsverkeer raakgery het.

‘n Voetganger se lewe is vanoggend (23 Mei) kortgeknip toe hy tydens spitsverkeer deur ‘n motor getref is.

Met die news se aankoms by die toneel het die polisie reeds die pad vir verkeer op Albertina Sisululuweg voor die Witpoortjie Treinstasie afgesper.

Krugersdorpse polisielede het verklarings geneem terwyl geskokte omstanders die toneel toegekyk het totdat die lykswa die lyk van die onbekende man, vermoedelik in sy twintigs wat met ‘n foeliekombers toegegooi is, verwyder het.

Toe die nooddienste by die toneel opgedaag het is die man reeds dood van sy ernstige kopbeserings.

Die motor wat die voetganger getref het se voorruit en dak is tydens die impak beskadig.

Die voertuig na die ongeluk.
Die voertuig na die ongeluk.

Polisiewoordvoerder Thsepiso Mashale sê sy is besig om die saak te ondersoek en sal meer inligting verskaf sodra dit beskikbaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button