Local newsNews

Sê totsiens vir groot klere by dié gim

'n Plaaslike gimnasium wil oorgewig mense help om hulle selfvertroue terug te wen.

Die eienaar van ‘n plaaslike fiksheidgimnasium se visie was nog altyd om inwoners van Krugersdorp te help fiks word.

Stian Weideman, eienaar van Sportcon Fitness & Performance Centre by die Anthos Sentrum in Voortrekkerweg het dit verlede jaar sy mikpunt gemaak om mense te help wat met hulle gewig sukkel, maar nou het hy ‘n ander visie oor hoe hy dit wil doen.

“Die gimnasium wil nou ook fokus op oorgewig mense wat nie die lewe vierkantig in die oë kan kyk nie. Ons wil vir hulle weer daardie tikkie selfvertroue gee.”

Hy sê daar is duisende mense net in Krugersdorp wat te skaam is om na ‘n gimnasium toe te gaan omdat hulle bang is om verneder en uitgelag te word.

“Hier gaan ons jou nie oordeel oor jou gewig nie. Wat vir ons saak maak is dat jy die gewig afskud wat jou jare lank verhinder het om die lewe te geniet.”

Weideman sê sulke mense vermy veral openbare plekke soos winkelsentrums omdat hulle moeilik loop. Soms maak hulle gewig dit vir hulle moeilik om te werk.

“Dit is waarom ek dié mense wil help. Ek wil hê hulle moet weer voel dat hulle ‘n doel het en dat hulle gewig nie in die pad daarvan sal staan nie.”

Etienne du Bruyn, ‘n giminstrukteur by Sportcon het self 165kg geweeg en ken die emosionele bagasie wat daarmee gepaardgaan.

Intussen het hy van die oortollige gewig ontslae geraak. Twee van hom pas nou in sy ou hemde.

“Hy gaan met die mense werk wat met hulle gewig sukkel omdat hy self daardeur is en die emosionele bystand kan gee wat ek nie kan nie. Hy weet wat dit verg om suksesvol te wees,” sê Weideman.

Vir meer inligting oor Sportcon, kontak Du Bruyn by 071 890 7575.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button