Local newsNews

VIDEO: Reik ‘n helpende hand uit

Alhoewel die Solidariteit Helpende Hand-tak in Krugersdorp nog in sy babaskoene is poog die span om 'n drastiese verskil te maak.

Solidariteit Helpende Hand se Krugersdorp-tak wat onlangs gestig is om onmiddellike armoedeverligting onder die gemeenskap te bied, groei by die dag.

Tydens ‘n gemeenskapsvergadering op Saterdag 24 Mei het Voorsitter Marie van Niekerk gesê dat die tak, wat twee maande gelede gestig is, al heelwat gedoen het om aandag aan armoede en swaarkry in Krugersdorp te gee.

Solidariteit Helpende Hand se Bestuurder Adele Kruger het nog gemeenskapslede, besighede en korporatiewe figure uitgenooi om betrokke te raak en deel te wees van die oplossing in Krugersdorp waar swaarkry al byna sinoniem met die dorpsnaam geword het.

Projekte wat die Krugersdorp-tak onder die vlerk van die groter Helpende Hand-beweging wil aanpak sluit die kosblikkieprojek, skooltassieprojek en oupa-en-ouma-projek in.

Die kosblikkie-projek is op kleuters toegespits. Dit sluit ‘n voedingskema in en is gemik op die algehele ontwikkeling van kleuters. Dit behels ook ondersteuning met vroeë kinderontwikkeling, ouerleiding, en die verhouding tussen ouer en kind, of tussen onderwyser en kind. Helpende Hand wil kleuters, kleuterskole, ouers, onderwysers en voogde so bystaan.

Die skooltassieprojek is geloods om skooltassies vir behoeftige Afrikaanse Graad 1’s oor die hele land uit te deel. Daar word ‘n rugsakkie propvol van al die nodige skryfbehoeftes aan behoeftige Graad 1-leerlinge in Afrikaanse laerskole geskenk en verseker op dié manier dat hulle op hulle eerste skooldag ‘n gelyke wegspringkans kry.

Deur die oupa-en-ouma-projek wil Helpende Hand bejaardes se armoede en eensaamheid verlig. Hulle sluit ook niebehoeftige bejaardes by die projek in. Terselfdertyd wil hulle inwoners leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen vir die bejaardes in hulle lewens verantwoordelikheid kan neem.

As ‘n tak met sy eie identiteit en areas van nood word allerhande unieke projekte geloods om Krugersdorp se kwesbare en arm inwoners by te staan. Almal word uitgenooi om betrokke te raak.

Vir meer besonderhede kontak Louise Herbst by 082 851 4498.

Kyk na die video vir meer.

https://www.youtube.com/watch?v=Hmzjwdkn66Y#t=166

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button