Mammas bederf deur plaaslike organisasie
Die projek is nie net vir die mammas in die omgewing bedoel nie maar 'n paar pappas gaan ook op Vadersdag bederf word.
Sewe mammas van Krugersdorp-Wes het vir Moedersdag ‘n spesiale bederf deur die Dankbaarheid Projek geniet.
Deur die vinnige samewerking van die gemeenskap is sewe vroue genomineer en emmers vol bederf is aan hulle uitgedeel.
Die projek is in 2010 deur Dawie Brill begin om die minderbevoorregte mense van die area spesiaal te laat voel.
“Die glimlagte en dankies wat ons gekry het is so spesiaal en selfs ‘n traan van blydskap het dit kosbaar gemaak. Elke mamma moet bederf word – nie net op Moedersdag nie maar elke dag!
“Dit was so ‘n voorreg om deel te wees van die mammas se blydskap. Dankie aan almal wat gehelp het en die donasies wat dit moontlik gemaak het,” sê Brill.
Die projek is nie net vir die mammas in die omgewing bedoel nie maar ‘n paar pappas gaan ook op Vadersdag bederf word.
Op 15 Junie sal hulle bederfpakkies vir spesiale pappas in die buurt uitdeel.
As jy ‘n behoefte het om te help, kontak Dawie gerus by dankbaarheidprojek@hotmail.com.
