Word ‘n ambassadeur vir Mogale
'n Guldige geleentheid vir jong Wes-Rand inwoners.
Die tyd het aangebreek dat die huidige Mnr en Mej Wes-Rand hulle krone aan Mogale se volgende ambassadeurs oorhandig.
Mogale Toerisme se jaarlikse Mej en Mnr Wes-Rand kompetisie vind weer op 6 September plaas waartydens Jessica Farinha en Joseph Balt hulle krone aan die nuwe wenners gaan oorhandig.
Farinha en Balt het wonderlike werk verrig tydens hulle jaar van glorie en wil graag hulle onderskeie krone oorhandig aan ‘n dame en heer met dieselfde missie en visie vir die Wes-Rand, en wat ook wil help om die jeug ‘n beter kans in die lewe te gee deur deure vir hulle oop te maak.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Julie.
Die deelnemers moet aan die Wes-Rand werk, woon of studeer. Die meisies moet tussen die ouderdom van 13 en 16, en 17 en 24 wees en die mans tussen 13 en 17, en 17 en 28.
Daar is wonderlike pryse om te wen.
Inskrywings moet vergesel word van ‘n portefeulje met twee foto’s, asook ‘n CV en R300 inskrywingsgeld.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kantoor van die West Rand Chamber of Business and Tourism in Kommissarisstraat 57, Krugersdorp of skakel 011 953 3727 of 011 660 4865.
Vir dié wat nie aan die Mej en Mnr Wes-Rand kompetisie wil deelneem nie, is daar die Face of the West Rand kompetisie. Die kompetisie is oop vir enige persoon tussen die ouderdom van 13 en 35 jaar.
Inskrywingsgelde is R100.
Kaartjies om die kroning by Mount Usambara by te woon beloop R100 per persoon. Belangstellendes kan Mogale Toerisme kontak.
Kliek hier om na die foto’s van persone te kyk wat reeds in geskryf het.
