Editor's choiceLocal newsNews

Neem ‘n hond of kat aan hierdie winter

Daar is 'n verskeidenheid van honde en katte by die Friends of Rescued Animals beskikbaar vir aanneming.

By Friends of Rescued Animals (Fora) kry hawelose diere ‘n tweede kans om hulle lewe ten volle te geniet.

Ruben Hensberg van Fora sê hulle het tans 200 honde en 120 katte vir aanneming beskikbaar en probeer alles in hulle vermoë om vir die diere ‘n liefdevolle tuiste te kry.

Terwyl hierdie diere op hulle nuwe eienaars wag, het Fora hulle tuistes ‘n bietjie meer gemaklik gemaak.

“Die hokke vir die honde en katte is ‘n bietjie vergroot en ons probeer die getalle van die aantal honde en katte by die skut min hou sodat die diere die aandag kry wat hulle verdien.”

Daar is ‘n verskeidenheid van honde en katte by Fora in Windsorweg, Luipaardsvlei wat hulle eienaars hierdie winter met warm liefde wil bederf.

Verwante artikel:

• ‘n Ton hondekos vir Fora

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button