Local newsNews

Kuiken skud sy donsvere reg

Die kuiken behoort teen 15 September te begin vlieg.

Die jong Witkruisarendkuiken wat onlangs uitgebroei het behoort teen middel-September te begin vlieg.

Bo van der Lecq van die Roodekrans Witkruisarendprojek sê dit is die eerste normale broeiseisoen in agt jaar waartydens albei eiers betyds uitgebroei het.

“Dit was ook interessant dat daar geen aggressie tussen die twee kuikens was nadat die tweede een uitgebroei het nie. Drie dae lank het Emoyeni, die wyfie, albei gevoer en ons het gehoop dat albei die kuikens die stadium sou bereik waar hulle kon begin vlieg, maar dié hoop is vinnig verydel.”

Op Vrydag 20 Junie het die kuikens aggressief begin optree en teen die Sondagmiddag was alles verby.

Tydens die broeifase het die kuikens se ouers nie ewe lank op die eiers gesit nie. Ma Emoyeni het ongeveer 80 persent van dié taak verrig.

“Thulani is gewoonlik gedurende dié tyd meer ontspanne.”

Prooi in alle vorme en groottes is omtrent daagliks na die nes gedra en Van der Lecq sê dit is goeie nuus. Hy sê die kos wat na die nes geneem word sluit in dassies, tarentale, hase en muishonde.

“Vir vier dae lank in die broeityd was daar probleme toe Thulani vier keer net homself gehelp het en nie vir Emoyeni kos gebring het nie. Sy het haar misnoeë duidelik deur haar aggressie te kenne gegee.”

Die kuiken sal na raming teen 15 September kan begin vlieg.

Kliek hier om die hele proses op kamera te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button