Leer skryf by die kenners
Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.
Die ATKV bied vanaf Woensdag 16 Julie tot Vrydag 18 Julie ’n kinderboekskryfskool in Muldersdrift aan.
Gedurende hierdie skryfskool word aspirantskrywers geleer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp.
Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.
Die kursusleier is prof Franci Greyling van die Vakgroep Skryfkuns aan die Noord-Wes Universiteit (Potchefstroom-kampus).
Sprekers sluit in Fanie Viljoen, prof Hans du Plessis, Christien Neser, Joan Rankin, Marike Beyleveld en Miemie du Plessis.
Die totale koste van die skryfskool beloop R950 per persoon en word aangebied by Glenburn Lodge (Kromdraaistraat, Swartkops, Muldersdrift).
Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za en die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 17 Junie.
Belangstellendes moet ’n deposito van R500 betaal wanneer vir die skryfskool ingeskryf word en die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die skryfskool betaal word.
Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers, so bespreek sommer vandag nog jou plek.
Vir meer inligting kontak vir Jeanné Naudé by 011 919 9088 of epos jeannen@atkv.org.za.
