Local newsNews

VIDEO: Nog ‘n besigheid word deur Numsa-lede geteiken

'n Besigheid wat staalprodukte verskaf en dit nie self vervaardig nie is ook deur Numsa-lede geteiken.

Nóg ‘n maatskappy wat nie betrokke is by die vervaardiging van staalprodukte nie is Maandag (7 Julie) deur stakende lede van die metaalwerkersvakbond Numsa geïntimideer.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van Steel Pipes for Africa West Rand in Voortrekkerweg wys hoe ‘n groep stakers reeds van 9vm af voor dié maatskappy se hek staan en skoor soek.

Die bestuurder, Corrie Vrey, sê hy verstaan nie waarom Numsa hulle kom pla nie want hulle is net ‘n verskaffer van staalprodukte en nie die vervaardiger daarvan nie.

“Ons betrokkenheid by staal lê in groot- en kleinhandel. Ek dink ons is geteiken omdat die besigheid se naam die woord staal bevat.”

Hy verduidelik dat die stakende lede wou hê dat alle bedrywighede by die maatskappy stopgesit moes word en dat lede van Numsa by hulle moes aansluit.

“Hulle het almal wat werk toe gekom het sowel as klante by die hek voorgekeer en sommiges geïntimideer.”

Gevolglik moes die maatskappy hulle deur vir die res van die dag sluit.

Die beeldmateriaal wys verder hoe lede dit teen 12nm vir klante moeilik maak om by die hoofingang in en uit te kom asook hoe hulle die hek van sy reëling afruk.

“Hulle optrede het daartoe gelei dat ons derduisende rande se verlies gely het, want dae ná hierdie insident verloop besigheid steeds nie soos dit moet nie. Dit is eintlik baie stil.”

Vrey sê die stakers weet nie wat hulle besig is om te doen nie.

“Hier is 62 werknemers en as die besigheid ‘n verlies toon, kan mense afbetaal word of die besigheid kan selfs sy deure sluit. Dit gaan beteken dat baie gesinne nie kos het nie.”

Hy sê hy gaan beslis ‘n klag van onder andere saakbeskadiging by Numsa indien.

https://www.youtube.com/watch?v=fwYGXzHGulw&feature=youtu.be

Soortgelyke artikels:

Numsa marchers hits local streets

‘Die slag van Barratstraat’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button