Editor's choiceLocal newsNews

Wit plakkers trek: Raadslid sê Munsieville het goeie strukture in plek

Inwoners is nie noodwendig hul sopkombuis en skole kwyt nie.

Die Vryheidsfront Plus sal die hervestiging van Krugerdorp se wit plakkers na Munsieville monitor.

So sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid vir Mogale City.

De Lange onderneem ook om die nodige hulp te verleen sodat die hervestigingsproses seepglad verloop.

Die news het verlede week berig dat ‘n hofstryd van vyf jaar vir die 300 wit plakkers van Kroningspark in Mogale City op 4 Augustus ten einde geloop het toe die Suid-Gautengse Hooggeregshof beslis het dat hulle moet trek.

Volgens De Lange is daar genoeg laer- en hoërskole binne loopafstand van die nuwe woongebied asook voldoende busse wat verskeie skole in die dorp bedien.

Sy sê ook dat die kleuter- en naskoolsentrum sowel as die sopkombuis wat Kroningspark tans bedien na Munsieville verskuif sal word.

“Munsieville het ‘n satelliet-polisiestasie asook ‘n op-en-wakker straatpatrollie wat help om die inwoners te beveilig,” voeg sy by.

Die eerste sogenaamde arm Afrikaners het elf jaar gelede by Kroningspark aangekom en besluit om te bly. Gou het die woord versprei en mense het van oral daarheen gestroom.

Kroningspark gaan teen R22 miljoen omskep word in ‘n droompark met ‘n openbare swembad, minidieretuin en ander geriewe.

Verwante artikel:

• Video: Hof beslis: wit plakkers moet uit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button