Editor's choiceLocal newsNews
Jong arend binnekort vlugtend
Die jong Witkruisarend by die Walter Sisulu Botaniese Tuin kry sy vlerke reg om te vlieg.
Die Witkruisarendpaar Emoyeni en Thulani van die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Poortview se kuiken sal binnekort vlugtend wees.
Só het Gerald Draper, voorsitter van die Roodekrans Witkruisarendprojek bevestig.
“Die kuiken is nou oor na die jeugdige fase en is steeds op koers om gedurende die middel van September vlugtend te wees,” sê hy.
Dié jong arend, wat amper 80 dae oud word, kan van enige toestel wat met Internet toegerus is dopgehou word deur die webtuiste www.blackeagles.co.za te besoek.
Volg die facebook-blad Black Eagle Project Roodekrans, wat reeds deur meer as 102 000 mense gevolg word, om op hoogte van sake te bly.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
