Kapster en kliënt na drie dekades steeds saam
Elke week vir 30 jaar lank daag sy op vir haar afspraak by dieselfde haarkapper.
“Jou haarkapper is soos jou dokter; jy deel intieme besonderhede omtrent jou lewe met hulle en na‘n ruk word hulle soos deel van jou familie.”
So sê Ansie Erasmus van Mindalore wat al vir 30 jaar lank dieselfde haarkapper met haar kapsel vertrou.
Elke Vrydag klokslag om 9.15nm stap Erasmus by Eoliens Unisex Hair Studio in Witpoortjie in om haar hare by Annelien Conradie te laat doen.
Erasmus wat haar afspraak ver vooruit maak, vertel dat bitter min dinge haar verhoed om nie haar afspraak te maak nie.
“Ek slaan nie ‘n Vrydag oor nie,” sê sy.
Sy vertel dat sy die eerste keer in ‘n stoel voor Annelien gaan sit het toe sy 30 jaar gelede nog haar salon vanuit haar huis bedryf het.
“Haar dogter Eolien na wie die salon in Witpoortjie vernoem is, en wat self ‘n gekwalifiseerde haarkapper is, was in Graad 3 toe ek hulle leer ken het,” vertel sy.
Vir Erasmus is haar besoek aan die salon nie net deel van haar roetine nie maar ‘n lekker kuier waar sy al baie vriende gemaak het.
“Vir ander is dit net ‘n plek waar jy jou hare laat versorg maar vir my is dit die plek waar ek vreugde kry en ook al my gootste hartseer kon verwerk.
