Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Wegholbrand plaas brandweer in die spervuur

Brandweerdiens reageer op aantygings dat hul onbevoeg is.

‘n Wegholbrand wat in ‘n digbeboste area gewoed het, het paniek onder inwoners veroorsaak. Die plaaslike brandweerdiens is in die spreekwoordelike spervuur geplaas.

Die news is onder andere gekontak met klagtes dat daar ‘n vermeende tekort aan voertuie by die Krugersdorp brandweer is en dat werknemers van Working on Fire gehelp het.

Twee brandbestryders van  Working on Fire neem oor by 'n vorige skof se werkers.
Twee brandbestryders van Working on Fire neem oor by ‘n vorige skof se werkers.

Bevelvoerder van die Krugersdorp Brandweerdienste Gerhardt Nieuwoudt het op die aantygings gereageer en gesê dat die brandweerdiens heeltemal toegerus en voorbereid was om die brand te blus en inwoners veilig te hou.

Hy verduidelik dat hy op grond van sy jare lange ervaring en kennis bemanning en hulpbronne aangewend het om seker te maak dat die brand nie ‘n gevaar sou inhou vir inwoners nie.

Nieuwoudt erken dat een van die brandweerdiens se voertuie ingestuur is vir herstelwerk, maar verseker inwoners dat daar in sulke gevalle altyd voorsorg getref word.

’n Ander voertuig is uitgestuur en naburige dorpe (Randfontein en Westonaria) se brandweerpersoneel en voertuie het reg gestaan om te help indien nodig.

Op aantygings dat die brandweerpersoneel geweier het om in sekere areas in te gaan, het Nieuwoudt teruggekap en verduidelik dat hulle opgelei is om nie ontoeganklike areas te betree nie maar eerder teenbrand te maak.

Volgens Nieuwoudt, wat self deurentyd op die toneel was, het die brand nooit onmiddellike gevaar vir inwoners of infrastruktuur in die area ingehou nie.

Verwante artikel:

Inwoners swoeg om wegholbrand te blus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button