Local newsNews

Televisiekameras rol by Monument

Toks 'n Tjops, 'n program op kykNET is genader om by die skool uit te saai om die skool te help om geld vir die bou van 'n nuwe klubhuis in te samel.

Met ‘n vleisgeur in die lug het Hoërskool Monument vir ‘n dag gasheer gespeel vir die DStv-kanaal kykNET se rugbykletsprogram Toks ‘n Tjops.

Die skool se gronde is in ‘n filmstel omskep waar rugbylegendes en aanbieders van die program Toks van der Linde en Breyten Paulse, Jacaranda FM se Janina Oberholzer en die braaiguru Vaatjie met verskeie van die skool se eie rugbysterre Brendan Venter en Willem Alberts gesels het.

Ander Springbokke soos Christo Wagenaar, Jorrie Muller, Jaco Taute, Jaque Fourie en Heinke van der Merwe is by Monument geslyp.

Brendan Venter en Willem Alberts, Hoërskool Monument se Springbokke gesels met Toks 'n Tjops-aanbieder en self 'n oud-Springbok Breyten Paulse.
Brendan Venter en Willem Alberts, Hoërskool Monument se Springbokke gesels met Toks ‘n Tjops-aanbieder en self ‘n oud-Springbok Breyten Paulse.

Krugersdorp-inwoner Gert Koevert wat onlangs sy tweede album Op pad in die dorp vrygestel het, was die gaskunstenaar.

Volgens Deon Groenewald, voorsitter van die Monnasbond – ‘n organisasie vir Monnas-ondersteuners, -vriende, -leerlinge en -ouers – is die program genader om ‘n episode by die skool op te neem wat regstreeks uitgesaai is.

“Omdat ons ‘n groot rugbyskool is wat al verskeie Springbokke opgelewer het, het ons dit goed gedink om die Toks ‘n Tjops-span te nader om ‘n dag by ons te spandeer.”

Vaatjie van Toks 'n Tjops besig om die vleis op die kole te braai.
Vaatjie van Toks ‘n Tjops besig om die vleis op die kole te braai.

Dit is nie net gedoen om die skool te bemark nie, maar ook om Monnas-ondersteuners van reg oor die land te oorreed om die Monnasbond te help om hulle doelwit te bereik om geld vir ‘n nuwe klubhuis op die A-veld in te samel.

“Die klubhuis sal sowat 200 mense kan huisves en sal benewend vir rugby ook vir hokkie- en netbalwedstryde gebruik kan word.”

Groenewald sê ten spyte van die koue weer het die gaste en aanbieders die geleentheid geniet.

Gaskunstenaar en Krugersdorp-inwoner Gert Koevert gesels met aanbieder Janina Oberholzer.
Gaskunstenaar en Krugersdorp-inwoner Gert Koevert gesels met aanbieder Janina Oberholzer.

“Ons het reeds goeie reaksie gekry van kykers van so ver as Namibië waar die program uitgesaai word.”

Die finale beplanning vir die klubhuis word binnekort afgehandel.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak kan Groenewald by 082 441 6199 of Rhona Bester by die skool by 011 953 1165 gekontak word.

• Die Monnasbond is drie jaar gelede gestig en is daarop gefokus om namens die skool geld in te samel wat dan vir al die skool en sy leerlinge se behoeftes aangewend word.

Vir meer fotos kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button