Local newsNews

Regering moet pa staan vir stygende misdaad

Vryheidsfront Plus-raadslid meen die regering is meer besorgd oor Gaza as oor sy eie mense.

Terwyl Suid-Afrika bloei weens die stygende getal moorde en kriminele aktiwiteite wat burgers se vryheid bedreig, is die ANC-regering meer begaan oor die oorlog in die Gaza- strook en probleme in Lesotho.

So sê plaaslike raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus.

Die onlangse skokkende voorval waartydens ‘n groep omstanders toegesak het op ‘n jong man wat pas in ‘n motorfietsongeluk was en bloeiend langs die pad gelê het, en hom boonop beroof het, is banaal, sê sy.

“Dit, kort op die hakke van die soveelste rooftog in ‘n groot inkopiesentrum.”

Volgens De Lange word die druk op sekuriteitsmaatskappye en die polisie soveel groter om gemeenskappe te beveilig terwyl die kern van die probleem van misdaad nie na behore die regering se aandag kry nie.

De Lange meen dat die ANC-regering groter aanspreeklikheid moet aanvaar vir en verantwoording moet doen oor die steeds stygende misdaad wat soos ‘n kanker deur gemeenskappe trek.

“Die Vryheidsfront Plus beywer hom op alle vlakke om opgeskerpte misdaadbekamping en vonnisopleggings op regeringsvlak te bewerkstellig om sodoende meer effektiewe vonnisse as afskrikmiddel geïmplementeer te kry,” sê sy.

“Dit is tyd dat die ANC-regering eers aandag aan kritieke probleme en kwessies in Suid-Afrika gee voordat hulle miljoene rande van die belastingbetaler se geld in ander land spandeer.”

Die Vryheidsfront Plus beywer hom ook daarvoor dat belastingbetalers van belasting kwytgeskeld word wanneer hulle noodgedwonge self vir sekuriteitsmaatreëls moet betaal om hulself en hul families te beveilig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button