Local newsNews

Bederfdag vir oupa en ouma

Die spreker vir die geleentheid is Irma du Bruyn wat die boek Tool-boks vir die lewe geskryf het.

Solidariteit Helpende Hand bied vir die minderbevoorregte oumas en oupas van Krugersdorp ‘n bederfdag op 30 September aan.

Maar hulle het hulp van die gemeenskap nodig om hierdie bederfdag ‘n sukses te maak.

“Ons benodig fondse vir spyseniering, vir die spreker van die dag, enige skoene- en klereskenkings en ook vrywilligers wat wil kom uithelp,” sê ds Dirk van Rooyen, sekretaris van die Krugersdorpse Helpende Hand-tak.

Die spreker vir die geleentheid is Irma du Bruyn wat die boek Tool-boks vir die lewe geskryf het.

Indien jy ‘n behoefte het om te help skakel gerus 0861 25 24 23 of vir Marie van Niekerk by 082 851 4498 of stuur ‘n epos na marievn@live.com.

Die funksie begin om 10vm by Laerskool Ebenhaeser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button