Local newsNews

Kerk hou mini-kermis vir kinders

'n Mini-kermis is onlangs deur die AGS Krugersdorp-Wes gehou as deel van hulle kinder- en jeugfondsinsamelingsprojek.

Vyf en ‘n half uur.

Dit is hoe lank pastoor Paul de Vos van die Krugersdorp-Wes AGS Kerk in die bloedige Saterdag-son gesit het, en dit nog op die kerk se dak.

Die oorspronklike plan was dat De Vos op die dak sou klim as deel van die jaarlikse kinder- en jeugfondsinsamelingsprojek, maar dit het gou in ‘n mini-kermis verander.

“Ons het dié dag binne ‘n week gereël!” verduidelik Marina Ruthven, die kerk se administratiewe beampte.

“Slegs een vergadering is hiervoor gehou en tyd vir adverteer was daar nie.”

Sy sê omdat dit so suksesvol was, sal dit heel moontlik elke jaar gehou word maar sal dan as ‘n kermis bekendstaan.

“Die rede waarom ons vanjaar s’n ‘n mini-kermis noem is omdat ons nie pannekoek verkoop het nie.”

‘n Potjiekoskompetisie is wel gehou en ses potjies is deur die news-joernalis Jacobus Myburgh en pastoor Johan Roode van die Witpoortjie AGS geproe en beoordeel.

Daarna is die potjies se inhoud aan die mini-kermisgangers verkoop en vir diegene wat ook lus was vir ‘n soetigheid was daar melktert op die spyskaart.

Die dag is gehou om die meer as 100 kinders van die kerk aan die einde van die jaar met ‘n wegbreekkans na Majala in Tarlton te bederf. Daar sal hulle elkeen ook ‘n Kersgeskenk kry.

Ruthven sê almal het die dag baie geniet, veral omdat die hele gemeenskap en nie net kerklede nie dit kon bywoon.

Vir meer foto’s kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button