Local newsNews

Minibustaxi bars deur muur

Duisende rande se skade is aangerig nadat 'n minibustaxi deur die muur van 'n besigheid in Factoria gebars het.

‘n Minibustaxi het gisteroggend 23 Oktober net na 9vm deur die muur van ‘n stoomketel-skoonmaakmaatskappy gebars.

Solomon Ramapuputla, ‘n werknemer van Boiler Cleaning Services op die hoek van Barrattweg en Okatsastraat in Factoria sê hy was besig met sy werk toe hy ‘n slag buite hoor.

“Ek het groot geskrik toe ek die slag hoor. Ek het nie geweet wat aangaan nie en is dadelik na buite.”

Daar het hy en ander werknemers op ‘n beseerde, Mjabu Sithole – bestuurder van die minibustaxi – afgekom. Hulle het ‘n ambulans ontbied wat hom na ‘n nabygeleë hospitaal geneem het.

Werknemers van Boiler Cleaning Services in Barrattweg op die toneel nadat 'n minibustaxi deur die perseel se muur gebars het.
Werknemers van Boiler Cleaning Services in Barrattweg op die toneel nadat ‘n minibustaxi deur die perseel se muur gebars het.

Werknemers sê dat hulle net dankbaar is dat niemand ernstig beseer is nie en dat geen van hulle voertuie tydens die ongeluk beskadig is nie.

Die ongeluk het enkele meters van die maatskappy se parkeerterrein plaasgevind.

Die eienaar van die minibustaxi, Emmanuel Dladla was ook op die toneel.

Ferdi Hoffmann van Boiler Cleaning Services sê die maatskappy het versekering.

“Die versekering sal voorsien dat die gaping in ons muur tydelik toegemaak word totdat ons die mure weer kan oprig met die materiaal wat voorheen gebruik is.”

Hy sê die materiaal vir mure moet spesiaal laat maak word.

‘n Nissan-bakkie is ook tydens die voorval beskadig en die bestuurder van dié voertuig was nog te geskok om met die media te praat.

Die news kon teen druktyd nie kommentaar van ER24 kry wat op die toneel was nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button