Local newsNews

Krugersdorp die nuwe Jacaranda-dorp?

Jacaranda-bloeisels kleur Krugersdorp pers vanjaar.

Die dorp lyk omtrent soos iets uit ‘n sprokiesverhaal met die pers Jacaranda-bloeisels om elke hoek en draai.

Die Jacaranda-boom met sy ligpers bloeisels word gewoonlik met Pretoria geassosieer, maar Krugersdorp raak nou al hoe perser.

Volgens Jason Sampson, kurator van Plantwetenskap by die Universiteit van Pretoria, is dit te danke aan die laat reënseisoen dat die bome nou eers hul pers bloeisels dra.

Pragtige pers bloeiselsl in Krugersdorp.
Pragtige pers bloeiselsl in Krugersdorp.

Die uitheemse boom is oorspronklik van Suid-Amerika ingevoer, met die eerste boom wat reeds in 1888 in Pretoria geplant is.

Volgens die nuwe wetgewing rakende die herplanting van dié boom, mag dit slegs in stedelike gebiede herplant word, vertel Sampson. Dit is as gevolg van die laat reënval dat die boom sy bloeisels verloor, dus is die pers blommetjies steeds vanjaar in November sigbaar.

“Hierdie is ‘n besondere goeie jaar vir die Jacaranda-boom,” meen Sampson.

Hoek van Edward Bok- en Paul Krugerstraat in Monument.
Hoek van Edward Bok- en Paul Krugerstraat in Monument.

Die news het ‘n paar foto’s in Krugersdorp-Noord, Monument asook Kenmare geneem en daag die gemeenskap uit om hul foto’s van dié besondere boom met ons te deel by krugersdorpnews@caxton.co.za.

Vir nog foto’s, kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button