Local newsNews

Gehoorapparaat klink goed vir wenner

Haar reaksie toe haar dogter laat weet sy is die gelukkige wenner van die gehoorapparaat: "Dit klink goed!"

Anna Claassens kon byna nie haar ore glo toe sy uitvind sy gaan ‘n splinternuwe gehoorapparaat kry nie.

As deel van Gehoorbewustheidsmaand (September) het Hearcare Monument ‘n gehoorapparaat-kompetisie geloods.

Alle pasiƫnte wat die gehoorsentrum in September besoek het, het outomaties vir die trekking in aanmerking gekom.

Hulle name is in ‘n hoed gegooi waaruit oudioloog Nanette Marais net een gelukkige naam getrek het. Die gehoorapparaat ter waarde van R8 500 as prys is geborg deur Oticon.

Die gehoorsentrum doen elke jaar promosies in Gehoorbewustheidsmaand, maar vanjaar is die eeste jaar wat hulle ‘n gehoorapparaat weggee.

Claassens se reaksie toe haar dogter haar laat weet het dat sy die gelukkige wenner van die gehoorapparaat was, as, “Dit klink goed!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button