Editor's choiceLocal newsNews

Familie platgeslaan na Sussie se ontvoering

'n Familie is in stukke na die ontvoering van hulle geliefde vierpotige troeteldier.

‘n Gebroke inwoner van Quelleriepark, Coreen Crament, is siek van bekommernis nadat haar geliefde hondjie Sussie moontlik ontvoer is.

‘n Soektog na Coreen se ses-maande-oue Doberman Pincher, oftewel haar bokkiehondjie, is van stapel gestuur nadat vermeende ontvoerders die hondjie die middag van 29 November op die gesin se sypaadjie gevat het.

“Ons het net by die huis gestop toe Sussie ‘n draaitjie op die gras wou loop. Ek het dit toe goed gedink om vinnig twee pakkies in die huis in te dra. Toe ek uitkom was sy net weg,” het Coreen byna histeries gesĂȘ.

Sy het aan die news vertel dat Sussie ‘n sieklike hondjie is wat maar net 700g weeg en met ‘n gesplete verhemelte gebore is.

“Sy kan nie self eet of water drink nie. Ek het haar van dag een af met ‘n bottel en ‘n spuit gevoer en so grootgemaak.”

Die geliefde gesinstroeteldier het selfs saam met Coreen werk toe gegaan asook inkopies gedoen.

Sy glo dat ‘n wit bakkie met twee mans moontlik betrokke is by die ontvoering van hul vierpotige geliefde omdat sy die voertuig in die straat sien afjaag het na die vermeende ontvoering.

Daar word ‘n groot beloning aangebied vir die persoon wat die geliefde Sussie veilige terugbesorg.

Indien jy enige inligting het, skakel vir Coreen Crament by 073 884 9063.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button