Editor's choiceLocal newsNews

Neem my saam …

Friends of Rescued Animals het tans sowat 250 honde en 120 katte wat hierdie feestyd by 'n nuwe eienaar wil wees.

Met haar oë toe het dit amper gelyk of Nunu, ‘n vyfjaaroue Mastiff-kruising, bid om vandag saam huis toe te gaan.

Dit is heel moontlik waarop die ander sowat 250 honde en 120 katte daagliks hoop wanneer nuwe mensevoete by die Friends of Rescued Animals (Fora) instap.

Daar word hard geblaf sodat diereliefhebbers hulle tog net kan raaksien. Wanneer dit gebeur waai die sterte woes en kan Woef nie sy geluk glo sodra hy of sy ook ‘n bietjie met die hand gestreel word nie.

Shayne Ephron en Ruben Hensberg van Friends of Rescued Animals (Fora) hou hier die twee Daxie-Sharpei-kruising boeties Frommel en Juke van 12 weke oud vas.
Shayne Ephron en Ruben Hensberg van Friends of Rescued Animals (Fora) hou hier die twee Daxie-Sharpei-kruising boeties Frommel en Juke van 12 weke oud vas.

Kiets se kyk is een wat jou gerusstel dat ‘n rotteplaag gou iets van die verlede sal wees – en om sy of haar dankbaarheid oor jou liefde vir hulle te toon, sal ‘n klein lewelose diertjie by jou voete neergesit word.

Ruben Hensberg van Fora sê hulle harde werk by die diereskut is besig om vrugte af te werp.

Hierdie skaaphond-kruising van net meer as 'n jaar het 'n groot erf nodig om in rond te hardloop.
Hierdie skaaphond-kruising van net meer as ‘n jaar het ‘n groot erf nodig om in rond te hardloop.

Verlede jaar is daar maandeliks tussen 30 en 40 honde aangeneem, maar vandat die vierpotiges deesdae ook op Fora se facebook-blad geplaas word, het aannemings maandeliks tot tussen 50 en 60 gestyg.

Hy sê die Desember-Januarie feestydperk is beslis hulle moeilikste tyd van die jaar omdat heelwat diere dan by die diereskut gelos word.

Iris, 'n vierjarige gemengde ras teef het dalk 'n oog minder, maar haar lewenslus is nog nie geblus nie.
Iris, ‘n vierjarige gemengde ras teef het dalk ‘n oog minder, maar haar lewenslus is nog nie geblus nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button