Editor's choiceLocal newsNews

Vlytige vingers laat oorskiet blom

Johannes en Cathy Groenewalt versamel ou wol en gordyndraad wat hulle in blomme omskep.

‘n Kunstige paartjie van Kroningspark-karavaanpark wat binnekort na hul nuwe woning in Kleinvallei trek, gaan nog steeds die deftige wolblommetjies maak wat hul tans langs die pad verkoop.

Anders as baie van die ander plakkers in die kamp het die twee hul kreatiewe hande bymekaar gesit om bo hul omstandighede uit te styg.

Motoriste kan die draad-en-wol-blomme sien wanneer hulle verby Laerskool Millennium ry.

Johannes en Cathy Groenewalt versamel ou wol en gordyndraad wat hulle in hierdie blomme omskep.

Johannes het aan die news vertel dat nie hy óf sy vrou ‘n pensioen ontvang nie, dus maak hulle die blomskeppings vr ‘n inkomste.

Hy sê dat hulle al soveel van hierdie draadblomme gemaak het dat dit hulle net twee minute neem om een te vou.

Toe die news vir Johannes vra hoe besigheid verloop, het hy nederig geantwoord; “Dit kom en gaan maar soos ons Here vir ons gee.”

Alhoewel die paartjie nog nie seker is waar hulle die blomme na die trek gaan verkoop nie, het hulle wel gesê dat dit naby die nuwe blyplek by Kleinvallei sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button