Local newsNews

Ysterperde en koffie meng hier

Die Christen Motorfietsryersvereniging (CMA) nooi motorfietsryers van die Wes-Rand uit om elke laaste Sondag van die maand saam met hulle koffie te kom geniet.

‘n Beker warm koffie en beskuit wat langs die R400-Broederstroom pad wag, laat talle motorfietsryers elke laaste Sondagoggend van die maand bymekaarkom.

Michael Olivier, president van die Christen Motorfietsryersvereniging (CMA) het gesê dit word gedoen om eenheid en ‘n broederskap onder motorfietsryers te bevorder asook om mekaar te stig en te bedien.

Al waai die wind Beninda Slabberts se hare deurmekaar beteken dit nie dat sy 'n pierewaaier op haar motorfiets is nie.
Al waai die wind Beninda Slabberts se hare deurmekaar beteken dit nie dat sy ‘n pierewaaier op haar motorfiets is nie.

“Die Wes-Rand alleen het nagenoeg 4 000 motorfietsryers en ons kry nie altyd die geleentheid om by mekaar uit te kom nie.”

Hy het gesê dit is waarom hulle as die CMA besluit het om een keer ‘n maand ‘n gazebo op te slaan waar hulle dan met die motorfietsryers wat daar stop, kan gesels en vir hulle koffie uitdeel.

“Ons is ‘n geruime tyd al besig om op hierdie manier na die motorfietsryers van ander klubs uit te reik en ons verhouding met hulle te bou.”

Tommy Schoombie, Armand Naudé en Alden Fick geniet die koffie wat Welma Landman van die Christen Motorfietsryersvereniging (CMA) bedien.
Tommy Schoombie, Armand Naudé en Alden Fick geniet die koffie wat Welma Landman van die Christen Motorfietsryersvereniging (CMA) bedien.

Michael vertel dat hulle ‘n Christen-bediening is wat gereeld kerkuitreike doen. Hulle besoek motorfietsryers wat in ongelukke betrokke was in die hospitaal en help ook dié wat die geloofspad byster geraak het om weer hul pad te probeer terugvind.

Heidi Benzer, een van die motorfietsryers het gesê daar word glad nie op mekaar neergesien nie.

“Hier kom jy soos jy is. Om op my ysterperd te kan klim maak my gelukkig en dit is my passie.”

Vir meer inligting oor die CMA of oor die Sondagoggend-koffiebyeenkoms kontak vir Michael by 082 413 7077.

Asmun Rabie help homself hier met 'n koppie warm koffie.
Asmun Rabie help homself hier met ‘n koppie warm koffie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button