Fondsinsameling vir reuse onderhoudwerk
Die fondse sal aangewend word om ‘n kragopwekker aan te koop en die nodige onderhoud aan die historiese gebou te doen.

‘n Valentynsmark wat deel uitmaak van ‘n fondsinsamelingsprojek vir Môreglans Ouetehuis word vir 14 Februarie om 9vm beplan.
Die mark sal ongeveer 25 stalletjies op die geteerde area buite die tehuis se ingangshek hê.
Daar sal ook vermaak soos musiek, fietsritte en dies meer wees. Verversings en ander items sal te koop aangebied word.
Die fondse sal aangewend word om ‘n kragopwekker aan te koop en die nodige onderhoud aan die historiese gebou te doen.
Diegene wat houtwerk en stoffering kan doen om hulle stoele weer jonk en mooi te laat lyk, naaldwerksters, verwers en skilders is baie welkom om hul dienste te kom aanmeld.
Daar is ongelooflik baie werk en enige bydrae sal opreg waardeer word. Diegene wat ‘n stalletjie wil bekom, is welkom om Cecilia by 011 665 1388 te skakel vir meer inligting. Enige donasies is welkom, veral vir bestanddele vir alles van nagereg tot maalvleis vir die tehuis se kerrie-en-rystafel.
Mnr en Me Valentyn sal ook aangewys word.
Belangstellendes kan ‘n maandelikse bydrae tot hulle 1 000 Harte Projek gedoen word. ‘n Belastingsertifikaat kan aangevra word vir donasies wat reeds aan die tehuis gegee is.
“U hulp om die fondsinsamelingsprojek ten bate van Môreglans moontlik te maak, sal opreg waardeer word,” het die tehuis se bestuurder Magdel Hugo gesê.
