Local newsNews

Motorfietsryer sou só wou sterf

James Pryce, 'n inwoner van Witpoortjie het onlangs tydens 'n motorfietsongeluk gesterf.

“Hy het altyd vir ons gesê as hy die dag tot sterwe moet kom dan sal hy op hierdie manier wil gaan – dit sou sy wens gewees het.”

Só het Janie Britz, skoonma van Witpoortjie-inwoner James Pryce, 34, wat onlangs langs die R400-Broederstroompad in ‘n motorfietsongeluk gesterf het, gesê.

Sy verduidelik dat hulle as ‘n groep motorfietsryers van die Wic’s, ‘n familie motorfietsklub, op ‘n pretrit in die area van die Wieg van die Mensdom gegaan het toe hulle sig van Pryce verloor het.

James Pryce op sy motorfiets. Hy het onlangs langs die R400-Broederstroompad verongeluk tydens 'n pretrit.
James Pryce op sy motorfiets. Hy het onlangs langs die R400-Broederstroompad verongeluk tydens ‘n pretrit.

“Hy het voor ons gery en het altyd gaan seker maak die pad is veilig voor. Die volgende oomblik het ons hom nie meer op die pad gesien nie.”

Britz verduidelik oomblikke later het hulle ‘n groep mense langs die pad sien staan en Pryce se motorfiets aan die anderkant van die pad, waar dit teen aan ‘n heining tot stilstand gekom het, gesien lê.

“Mense het om hom gestaan. Dit is hier waar hy gelê het en sy laaste asem uitgeblaas het,” het ‘n aangedane Britz tydens ‘n roudiens by die plek waar hy gesterf het, gesê.

Pryce het beheer van sy motorfiets verloor toe hy verby ‘n motor, wat op daardie tydstip by ‘n piekniekplek wou afdraai, probeer uitswaai het.

Twee kruise is by die heining waar sy motorfiets tot stilstand gekom het, deur familielede en vriende van die motorfietsgemeenskap opgerig.

Sy ouma’s Annetjie du Preez en Babsie Brink kon self nie die trane oor die afsterwe van hulle kleinseun keer nie en het kort-kort trane van hulle wange afgevee.

Betsie Niemann (links) bied haar ondersteuning aan Mari-Anne Pryce na tydens die oprigting van 'n kruis na haar man James se afsterwe langs die R400-Broederstroompad.
Betsie Niemann (links) bied haar ondersteuning aan Mari-Anne Pryce tydens die oprigting van ‘n kruis na haar man James se afsterwe langs die R400-Broederstroompad.

Donovan Jabber, ‘n vriend, het ‘n merk met sy motorfiets se bande in die pad gebrand as ‘n manier om te wys dat Pryce nooit vergeet sal word nie.

“Hy sal altyd ‘n biker bly in murg en been,” het Britz gesê.

Pryce is vanuit die West Rand Bikers Kerk, Roodepoort te ruste gelê

Hy laat sy vrou Mari-Ann, twee dogters Megan, 10, en Caitlin, 5, asook sy ma Theresa van der Zandt, ‘n broer Chris en suster Michelle Schneider agter.

Sammy Johansen  (regs) bied hier haar ondersteuning aan Mari-Anne Pryce wie se man James in 'n motorfietsongeluk gesterf het.
Sammy Johansen (regs) bied hier haar ondersteuning aan Mari-Anne Pryce wie se man James in ‘n motorfietsongeluk gesterf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button