‘n Liefdesfondsinsameling vir kragopwekker
'n Fondsinsamelingsfunksie is gehou sodat Môreglans Ouetehuis se ligte kan aanbly gedurende beurtkrag periodes.
Met die klanke van musiek, enjins wat brul en die geur van lekkernye wat die neusgate vul is hoe Môreglans Ouetehuis se inwoners en personeel Valentynsdag gevier het.
‘n Fondsinsamelingsfunksie is deur Magdel Hugo, ouetehuisbestuurder, gereël sodat ‘n kragopwekker wat die ouetehuis se ligte sal aanhou en ook bejaardes wat daarvan afhanklik is om aan die lewe te bly, se lewens sonder enige haakplekke sal kan voortgaan wanneer beurtkrag toegepas word.

Inwoners en besoekers kon saam met hulle geliefdes deur die verskeidenheid stalletjies stap en enigiets van soet en sout tot aandenkings koop.
Vir die kinders was ‘n springkasteel opgeslaan en dié wat die wind deur hulle hare wou voel kon op een van die ysterperde van die Warriors for Jesus motorfietsklub klim. Selfs die bejaardes het nie die kans misgeloop om die adrenalien deur hulle are te voel pomp nie.
En net omdat dit Valentynsdag was, het die vroue ook elkeen ‘n bloedrooi roos geskenk gekry terwyl vyf sansers soos Ben van Rensburg, Chantelle Kruger, Pieter Muller, Erika Tolmay en John Morland vermaak in die vorm van musiek verskaf het.

Een ding is seker, met die volgende funskie hoef die organiseerders nie heeltyd te wonder of beurtkrag dit dalk vinniger kort gaan knip nie

