Editor's choiceLocal newsNews

Kerk en kroeg veroorsaak slaaplose nagte

'n Groep inwoners kry eenvoudig geen rus vir hulle siele aangesien die lawaai van 'n kroeg en dié se gangers hulle reg deur die week wakker hou.

‘n Groep inwoners wat in die woonstelle bo ‘n gewilde bakkery in Krugersdorp se sentrale sakegebied woon is net mooi keelvol vir die geraas van die nabye geleë kerk én kroeg.

Magda Erasmus en haar mede inwoners is moeg vir al die lawaai wat hulle slaaplose nagte gee.

Inwoners van die woonstelblok op die hoek van Rissik- en Humanstrate vertel aan die News hoe die naguile van kroeg tot kroeg kruip en hulle heelaand uit die slaap hou.

“Hulle gil so dat jy dit blokke ver kan hoor,” verduidelik Erasmus.

Wanneer die kroegvlieë uit die kroeë gejaag word, gebruik hulle die strate as hulle speelgronde waar hulle met voertuie op en af jaag en hulle motors rem. Bande wat skree word regdeur tot die oggendure gehoor.

“Die lawaai steur ons van Maandag reg deur tot Sondag,” kla Erasmus, wat sê dat daar geen keer aan die partytjiediere is.

“Dan help die kerk, toevallig in dieselfde straat, ook nie die situasie nie, omdat die dienste dou voor dag afskop. Die diens hou aan tot laat middag, en dan begin die naguile weer terug kruip om te gaan drink.”

Erasmus vertel hoe die moeilikheidmakers tot 5.30vm in die strate baljaar.

Die kerkdienste skop dan ‘n blok verder af, met liedere en lofprysing geluide wat by die strate af weergalm.

Sy meen dat hulle al talle klagtes aan die polisie aangemeld het, wat glo op dowe ore val.

“Hulle doen niks, net niks.”

Erasmus verklaar dat sy selfs die Burgemeester se kantore geskakel het met die probleem, maar die inwoners slaap steeds lig omdat die straatmakieties steeds voort duur.

Erasmus voel dat die kuierplekke in die area in beheer gehou moet word.

“Hulle jaag die strate op en af as hulle dronk is, waar is die owerhede?”

Die inwoners se voertuie is ook nie langer veilig in die parkeerarea nie omdat daar dikwels in gebreek word deur die barbare wat teen dagbreek nog steeds onder die invloed is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button