Semi-finalis skrik vir niks
Die glimlaggende tannie van Krugersdorp is 'n Mev Suid-Afrika semi-finaliste.
Nadat hierdie skoonheid drie keer by die hekke van die dood omgedraai het, het sy besluit om in te skryf vir die Mevrou Suid-Afrika 2015 kompetisie om haar nader aan haar doel te lei.
Zenda Smith is Krugersdorp se derde Mev SA semi-finalis en woon in Monument saam met haar man Tian.
Die paartjie is trotse eienaars van ‘n energie drankie wat hulle verlede jaar geloots het, en werk tans daaraan om dit produk te bemark.
Maar anders as die ander modepoppe van die kompetisie, sien Zenda uit daarna om die kompetisie te gebruik om haar verhouding sterker te maak met haar skepper.
Omdat sy ‘n groot liefde vir mense het, wil sy graag die kompetisie as ‘n platvorm gebruik om mense te help en sy glo haar skepper gaan haar daarheen lei.
“Ek glo dat hierdie kompetisie my sal instaat stel om mense aan te raak wat ek nie normaal weg sou ontmoet nie.”
Haar liefde vir die natuur kom nadat haar man van ses jaar haar op ‘n ski-vakansie na Oostenryk en Switzerland geneem.
Maar Zenda is geen loskop Dolla nie aangesien sy ‘n leeu aanval oorleef.
“Dit het my geleer om op te staan en aanhou te baklei.”
Sy beskryf haarself as ‘n baie intieme persoon wat graag fokus op die wêreld se prag, en soms haarself in die oomblik verloor.
Saam met haar man bly sy fiks en geniet dit om saam tyd in die buitelug te spandeer.
“Ons is baie sportief en aktief,” verduidelik sy met haar breë glimlag.
Sy vertel die News dat haar skoonsuster se vyfjarige haar as die glimlag tannie gedoop het omdat, tenspyte van haar struikelblokke, sy altyd glimlag.
“Alles wat ek doen, maak ek die moeite werd.”
Sy beskryf haar gunsteling plekke as die Victoria Waterval en Oostenryk, en vertel hoe sy letterlik in trane uitbars elke keer as sy daar is.
“Ek huil elke keer, dis so mooi dit slaan my asem weg.”
Die vriendelike skoonheid verduidelik dat haar wenresep is om altyd te lag omdat sy glo dit haar jonk hou.
“As ek vir eendag nie lag nie, voel ek verskriklik af.”
Nou ja kyk, dis maklik om te sien dat niks hierdie Krugersdorp skoonheid gaan keer nie, met of sonder die kroon.
Volg haar op Facebook en stem vir haar op die Mev Suid-Afrika Facebook-blad by www.facebook.com/MrsSouthAfrica of sms haar naam na 35959 om vir haar te stem.
