Die prinses van fiksheid het nuwe uitsig
Geen stop aan Krugersdorp se prinses van fiksheid wat groot drome droom.
Alhoewel die jaar nie op ‘n goeie noot vir die sakevrou en fiksheidsgugu afgeskop het nie, sien Susan Fourie steeds uit na ‘n blink toekoms.
Met ‘n gesondheidsrisiko vroeg in die jaar het Fourie uitgevind dat sy ‘n rare siekte opgedoen het genaamd Miositis.
“Ek het verlam gevoel, en het toe hospitaal toe gegaan,” vertel sy.
Na talle toetse en verduidelikings het Fourie die siekte onder beheer en oefen weer ten volle.
“Ek glo dat dit ‘n aanval op my was omdat ek streef daarna om alles wat ek doen te doen te ere van Abba ons Vader,” vertel sy passievol.
Maar hierdie fiksheid guru gee nie so maklik op nie en het aan die News vertel dat sy vanjaar beoog om weer in te skryf vir die gewilde televisiereeks op Mnet, naamlik Survivor.
Susan was gekies as een van die deelnemers in 2003 se reeks maar moes dit weens persoonlike redes afkeer.
“Ek was nie my eie persoon nie,” vertel sy hoe spyt sy was dat sy die geleentheid gemis het.
Sy is ook die die trotse eienaar van ‘n gymnasium in Krugersdorp wat hulle eerste verjaarsdag vier later vanjaar.
“Dit gaan ‘n spoggerige geleentheid wees vir die gemeenskap,” beloof Susan.
Sy meen ook dat daar ‘n moontlike groot projek op die kaarte is waar die gemeenskap haar nog ‘n maal op die kleinskerms kan sien later vanjaar, “Ek wil nie teveel sê nie maar dit het met fiksheid te doen”.
Alhoewel haar lewensrit soms op en af met haar beweeg, vertel sy haar grootste geheim vir die News; “Gehoorsaamheid aan ons Abba Vader het my weer op my voete laat staan” .
Wie weet wat Prinses Susan Fourie volgende gaan doen.
