Local newsNews

[VIDEO] Dooies is al jare lank sy ‘bure’

Vir sewe jaar lank is die 'geselskap' van die dooies al deel van sy daaglikse lewe.

Sy bure is Adeline Whitfield, Alfred Stone en Frederick Morton Marshall.

Die enigste verskil is, hulle is almal reeds dood – amper 90-jaar gelede.

In ‘n skuiling gemaak uit swartsakke, karton bokse en die blare van ‘n palmboom het ‘n hawelose ‘n tuiste hier by die geskiedkundige Burgershoop Begraafplaas gevind.

Willem Willemse woon al jare lank onder die palmboom, langs mense wat amper 90-jaar gelede hier in die Burgershoop Begraafplaas te ruste gelê is.
Willem Willemse woon al jare lank onder die palmboom, langs mense wat amper 90-jaar gelede hier in die Burgershoop Begraafplaas te ruste gelê is.

Willem Willemse vertel dat hy al vir die afgelope 21 jaar lank haweloos is en van plek na plek al rondgetrek het.

Vir 13 jaar lank het hy by Kroningspark gebly totdat hy in 2007 gevra is om te gaan.

Daarna het hy by die Heilsleër vir hulp aangeklop waar hy vir 10 maande geholpe is voordat hy in 2008 na die begraafplaas is.

 Dooies is al jare lank sy ‘bure’

 

“Die graveyard is van toe af my huis,” het Willem gesê wat van ‘n staatspensioen van R1 410 per maand lewe.

Meer as ‘n jaar gelede is sy linkerbeen afgesit nadat dit gangreen opgedoen het.

“Ek het gaan water haal by die kraan toe ‘n spinnekop in my skoen ingeklim en my op my kleintoontjie gebyt het.”

Die volgende oggend toe hy wakker word is al sy tone pikswart en na ‘n besoek aan die hospitaal is hy pynpille gegee.

Die 'bure' van Willem Willemse wat al amper sewejaar lank skuiling in die Burgershoop Begraafplaas gevind het. Die mense is reeds amper 90-jaar gelede hier begrawe.
Die ‘bure’ van Willem Willemse wat al amper sewejaar lank skuiling in die Burgershoop Begraafplaas gevind het. Die mense is reeds amper 90-jaar gelede hier begrawe.

Na die derde besoek het die dokters hom ingelig dat hy gangreen in sy been het en dat hulle dit sal moet afsit.

“Op 20 Augustus twee jaar gelede het hulle my been afgekap,” het Willem verduidelik.

Sedertien kruip hy op sy boude in die begraafplaas rond wanneer hy nie van sy krukke gebruik maak nie.

Op die vraag of hy bang is vir die spoke in die begraafplaas het hy net gelag en gesê: “ek is nie bang vir die spoke nie, die spoke is bang vir my!”

Maar hy het toe gebieg dat hy tog bang raak, “maar ek kan dit soos ‘n man vat.”

Hy het gesê hy het ‘n suster wat in Witpoortjie woon, maar het nie uitgewy oor waarom hy nie by haar gaan bly het nie en het net gesê hulle het jare laas kontak met mekaar gehad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button