Hengelstaatmakers ontvang toekennings
Daar is gebraai en gekuier toe die pryse aan die onderskeie hengelaars uitgedeel is.
Die Wes-Rand Hengelklub het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling in De Rust by die Hartbeespoortdam gehou en self met pryse weggestap.
George Wheeler, voorsitter van die hengelklub het gesê hierdie jaar se prysuitdeling is op ‘n ander manier gehou.
“Ons het dit dié keer as ‘n familiedag aangebied. Die klub het die hengelaars getrakteer op ‘n braai, met die prysuitdeling as hoogtepunt van die dag.”
Daar is ongeveer 80 wisseltrofeë en nog ander vir ‘n verskeidenheid van prestasies toegeken.
“Die bestuur van die klub wil soveel moontlik van hul lede by die uitdeling betrek.”
Hy het gesê dit is die komitee se manier om die hengelaars te bedank, onder andere dat hulle die onderskeie kompetisies wat deur die jaar gehou is, getrou bygewoon het.
“En omdat ons ‘n familiegebaseerde klub is, betrek ons almal.”
Indien daar enige belangstellendes is wat by die klub wil aansluit kan hulle vir George by 082 829 8803 of 074 189 6977 kontak.
Hy kan ook per epos by wheeler@vodamail.co.za gekontak word.
