Local newsNews

‘n Mark vir vroue – deur vroue

Vyf vroue het besluit om 'n Herfsmark te hou om vroue van die area met mekaar te verbind en ook om een vrou weer spesiaal te laat voel.

Moedersdag (9 Mei) is om die draai, maar alle ma’s is nie altyd so bevoorreg om op dié dag die nodige bederf wat hulle eintlik verdien, te kry nie.

Daarom het vyf vroue besluit om hierdie jaar een behoeftige vrou uit die gemeenskap weer spesiaal te laat voel met ‘n herfsmark wat hulle vir die Moedersdag naweek reël.

Dié herfsmark, het Sonet Guy, een van die organiseerders gesê gaan die perfekte plek wees waar dogters hulle ma’s kan bring om saam met ander vroue te kan kuier.

“Maar alle ma’s, moeders, oumas, tannies en vriendinne word uitgenooi, want daar gaan verskeie stalletjies beskikbaar wees wat hulle uitgesoekte produkte te koop gaan aanbied,” het Sonet gesê.

Hierdie produkte gaan ideaal wees vir Moedersdag, maar gaan ook perfek wees as ‘n verjaardaggeskenk of as ‘n geskenk aan ‘n spesiale vriendin.

Sy het voorts gesê dat ‘n sanger ‘n Neil Diamond keurspel van twee ure lank gaan aanbied terwyl verskeie gelukkige trekkinge gehou gaan word.

Daar gaan ook ‘n wynproe geleentheid wees waar vroue hulle aan die verskillende beskikbare kaas en wyn kan smul. Al die opbrengste uit die kaartjie verkope hiervan gaan vir die een gelukkige vrou bemaak word.

“Ons gaan ‘n boks beskikbaar hê waar die naam van so ‘n vrou geplaas kan word, daarna sal ‘n naam getrek word en sy sal met die geld wat ons ingesamel het, mee bederf word – al is dit net om haar hare te doen.

“Vir dié wat tee of koffie saam met koek bo-oor kaas en wyn verkies sal die geleentheid kry om dit in die tuin te geniet terwyl hulle na die verskillende uitstallers se kuns en handewerk kan kyk.

“Hierdie mark is om die vroue weer met mekaar te verbind en om ook ‘n vrou weer haar selfbeeld terug te gee.”

Die Herfsmark sal by Glenstraat 22 in Kenmare plaasvind en kaartjies vir die wynproemiddag op Vrydag 8 Mei kos R100 per persoon.

Vir meer inligting bel vir Sonet by 082 572 9105 of vir Stefanie by 084 880 3602.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button