Die agtjarige seun wat met ‘n baksteen teen sy kop getref is is serdert die insident van die masjiene afgehaal.
Die News het vanoggend met Caden Slabbert se ma Andriëtte Cooper, wat oppad na die hospitaal toe was, gesels oor Caden se huidige toestand.
Caden en sy sussie Eden, sou vir die langnaweek by hulle pa gaan kuier het in Alberton toe ‘n kwaaddoener ‘n baksteen van ‘n brug af gegooi het en hom deur die kar se ruit getref het.
Caden, wat in ‘n in geïnduseerde koma was is nou van die masjiene af en haal self asem. Sy ma vertel die dokters het waarsku dat hy ontrekkingsimptome, hallusinasies en terugflitse mag hê as gevolg van die sterk medikasie wanneer hy wakker geword het.
“Dis aaklig om hom so te sien,” sê sy bedroefde ma.
Sy ogies gaan baie klein oop en hulle kan sien hoe volg hy hulle bewegings en hou selfs hulle hande styf vas.
Cooper meen dat die dokters gelukkig is met Caden se verbetering maar steeds bekommerd is oor sy wond op sy kop waar die linkerkantse deel van sy skedel verwyder was en gaan weer geherkonstruktief terug gesit word.

Wanneer Caden ten volle wakker word sal die dokters die nodige toetse kan doen om te bepaal of hy enige breinskade in die insident op gedoen het.
“Daar is beslis positiewe verbetering in sy toestand en ons is baie dankbaar vir al die gebede vir Caden. Sy herstelling is beslis ‘n wonderwerk.”
Die kwaaddoener is nog steeds op vrye voet en die plaaslike polisie in die omgewing is skynbaar opsoek na ‘n onstabiele man wat naak op die hoofweg loop en bakstene en klippe vanaf die brûe rondom The Glen winkelsentrum gooi.
