Vrywillige brandweermanne van Watch Tower spuit die smeullende gras en houtstompe nat om te keer dat dit weer vlamvat.
Die oorsaak van ‘n brand is nog onbekend nadat ‘n lapa vanoggend in Fiskstraat, Noordheuwel aan die brand geraak het en derduisende rande se skade aangerig het.
Christy du Toit en haar dogter Jiné, die bure, was net reg om te ry toe hulle die rook langsaan hulle erf raaksien wat gevolg is deur vlamme.
“Ek het dadelik na my tuinjong geskree om die tuinslang te kry en te begin natspuit terwyl ek die brandweer ontbied het,” het sy gesê
Brandweerdienste van die Watch Tower sowel as Krugersdorp is na die toneel ontbied waar daar toe vasgestel is dat ‘n lapa aan die aangrensende huis aan die agterkant ook besig is om vlam te vat.
Daar het huiseienaar Konrad Heunes, 30, klaar met sy vuurblusser reggestaan en die vlamme verhoed om ernstige skade aan te rig.
“Ek en my vrou was in die huis toe sy vir my skree die bure se lapa is aan die brand. Ek het toe met my vuurblusser uitgehardloop om te kyk of ek iets kon uitrig, maar dit was reeds te laat – daar was niks wat ek verder kon doen nie.”
Hy het ook die brandweer ontbied en prys hulle vir hulle flinke optrede.
Die skade aan die lapa word teen sowat R10 000 beraam.
Eienaar van die lapa waar die brand vanuit ontstaan het reken die skade kan amper R200 000 wees omdat die hele lapa verwoes is en ‘n gedeelte van die huis ook skade opgedoen het.
“Ek het nie ‘n idee wat kon skeefloop nie, ek was by die werk toe ek die oproep kry dat die lapa aan die brand geraak het,” het hy op voorwaarde van anonimiteit gesê.
Hy en sy vrou asook hulle twee seuns sal voorlopig eers by sy ma gaan bly totdat die brandweer ondersoek instel sowel as die skade aan die huis herstel is.
“Ek is natuurlik baie ontsteld oor wat gebeur het.”
Gerhardt Nieuwoudt, bevelvoerder van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit se nooddienste het aan die News gesê ‘n ondersoek sal van stapel gestuur word om die werklike oorsaak te kan vasstel.
Die brandweerwa van die Watch Tower is ook gebruik vir die brand in Fiskstraat.
Shawn Holm, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om die smeullende gras en houtstompe nat te spuit.
Jiné du Toit, bure, probeer met ‘n tuinslang die lapa nat te spuit.
Vrywillige brandweermanne van Watch Tower spuit die smeullende gras en houtstompe nat om te keer dat dit weer vlamvat.
Shawn Holm, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om die smeullende gras en houtstompe nat te spuit.
Die skade aan die huis nadat die struktuur selfs daar begin vlamvat het.
Konrad Heunes, eienaar, kyk na die skade wat aan dié lapa aangerig is.
Jiné du Toit, bure, probeer met ‘n tuinslang die lapa nat te spuit.
‘n Vrywillige brandweerman van die Watch Tower Brandweer neem ‘n foto van die skade wat aangerig is.
Ben Schiller, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om te keer dat die vuur van voor af vlam vat.
Shawn Holm, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om die smeullende gras en houtstompe nat te spuit.
Vrywillige brandweermanne van Watch Tower is voor van links Shawn Holm en Ben Schiller. Agter is Wouter Bester.
‘n Brandweerman van die Krugersdorpse Brandweer spuit die aangrensende lapa nat sodat dit nie weer vlamvat nie.
Vrywillige brandweermanne van Watch Tower spuit die smeullende gras en houtstompe nat om te keer dat dit weer vlamvat.
Ben Schiller, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om te keer dat die vuur van voor af vlam vat.
Brandweer vrywilligers van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om die smeullende gras en houtstompe nat te spuit.
Ben Schiller, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om die smeullende gras en houtstompe nat te spuit.
Ben Schiller, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om die smeullende gras en houtstompe nat te spuit.
Ben Schiller, ‘n vrywilliger van die Watch Tower Brandweer is hard aan die werk om te keer dat die vuur van voor af vlam vat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!