Local newsNews

Met die maan gepla? Kyk hier

Natuurskouspel in die naglug eenkeer in 'n blou maan.

Terwyl almal Saterdagaand onder hulle wolkomberse voor die kassie teen die koue geskuil het, het moeder natuur ‘n prag vertoning gelewer.

Die News het alles probeer om die maan wat ‘n driehoek met twee sterre gevorm het, af te neem, maar sonder enige sukses.

Kenny Neville van die Wes-Rand Sterrekundeklub het die verskynsel en wat dit beteken vir die News verduidelik.

Die sekelmaan wat besig is om te kwyn het ‘n driehoek gevorm met die twee planete Venus en Jupiter.

Alhoewel dit ‘n rare verskynsel is, hoef sterrekykers nie bekommerd te wees nie omdat daar in Julie, rondom die 18de, nog so ‘n verskynsel sal wees.

Venus was Saterdag skuins onder die maan te sien met Jupiter aan die regterkant bo.

Maar in Julie sal die twee planete plekke ruil.

Foto verskaf deur Kenny Neville.
Foto verskaf deur Kenny Neville.

Neville verduidelik ook hoekom dit so moeilik was om hierdie spesiale verskynsel met ‘n gewone kamera vas te lê, veral die ‘skaam’ Jupiter. “As mens kyk na waar die planete in die ruimte lê, is Venus baie nader aan die Aarde as wat Jupiter is. Jupiter is in werklikheid aan die ander kant van die son in die ruimte maar as gevolg van die manier waarop die planete in ‘n ry lê, het Jupiter die driehoek voltooi.”

Die volgende dag (21 Junie) was wintersonstilstand. Dis was die kortste dag en die langste nag van die jaar in die Suidelike Halfrond en andersom in die Noordelike Halfrond.

Of jy nou glo dat die maan van kaas gemaak is, of deur die maan getik is, moet tog net nie vir die maan blaf as jy hierdie eenkeer-in-‘n-blou-maan-skouspel die tweede keer misloop nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button