Local newsNews

Hoe gemaak met winterhande en -voete?

Kundiges meen jy moet wegbly van direkte kontak met hitte as jou hande of voete koud is.

Elke jaar bring Junie sy koue dae, loopneuse en dik ongemaklike baadjies. Maar winterhande en -voete bly vir sommiges die grootste irritasie.

Baie mense erken hulle weet nie hoe om dit te verhoed nie.

Die News het ondersoek ingestel en gevind daar is wel ’n oplossing, maar sal nie noodwendig vir almal werk nie.

“Hou jou hande en voete warm in die winter en moenie dat dit in direkte kontak met hitte kom nie,” beveel plaaslike apteker Olga Steyn aan.

Winterhande en -voete word gewoonlik toegeskryf aan óf slegte bloedsomloop óf kontak met warm oppervlaktes en vloeistof wanneer jou hande of voete koud is.

In die somermaande is jy geneig om meer aktief te wees, wat sorg vir goeie bloedsomloop.

“Bly aktief in die winter,” het Olga gesê.

Sy het verduidelik, as jy weet jy geneig is tot winterhande en -voete, moet jy reeds tydens herfs daarvoor beplan.

“Neem meer vitamine E in, soos gevind in spinasie en avokado’s. Jy kan ook nikotiensuur by die apteek kry.”

Indien hierdie nie vir jou werk nie, beveel ander Krugersdorpers aan:

• vryf jou hande met handeroom en suiker

• nadat jy jou hande geskrop het gebruik ’n antiseptiese middel

• gebruik papajasalf.

Wat is jou kuur vir winterhande en -voete? Deel dit met ons deur jou kommentaar onder die artikel te laat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button