Local newsNewsUpdate

Caden vorder goed

Caden bars in trane uit toe hy hoor hy gaan nie dié jaar terug skool toe nie.

Byna drie maande nadat Caden Slabbert op die N12 met ‘n baksteen teen sy kop getref is, het sy dankbare ma vir die News van sy goeie vordering vertel.

Alhoewel klein Caden nog nie by die huis is nie, is Andriëtte Cooper, sy ma baie tevrede met die vordering wat hy in die rehabilitasiesentrum maak.

Verwante artikels: 

• Caden in rehab after brick incident 

• Caden can walk but not talk

• Caden se toestand wek steeds kommer

Andriëtte Cooper, Caden se ma, kuier by hom in die rehabilitasiesentrum.
Andriëtte Cooper, Caden se ma, kuier by hom in die rehabilitasiesentrum.

Terapeute het aanbeveel dat Caden oor naweke by sy ouers by hul onderskeie huise mag gaan kuier om hom weer gewoond te maak aan die omstandighede daar en ook hulleself kan voorberei op die ‘nuwe’ Caden en sy behoeftes.

Sy ma het gesê hy sal nog dié maand by die sentrum aansterk en sy verwag dat hy binnekort ‘n operasie sal ondergaan waartydens die gedeelte van sy skedel wat verwyder is, weer ingeplant sal word.

Na die operasie sal hy vir ‘n kort tydjie in die Clinton Hospitaal aansterk voordat hy finaal terugkeer na sy ma se huis in Rangeview.

“Die wond is so te sê genees. Ons wag nou net vir die breinchirurg om van vakansie af terug te keer om die inplanting te kom doen,” het Andriëtte verduidelik.

Terapeute by die rehabilitasiesentrum het onlangs vir Andriëtte ‘n lysie gegee van die emosies wat Caden ervaar.

In ‘n telefoniese onderhoud het Andriëtte vertel wat Caden op die oomblik kwaad, hartseer, gefrustreerd en gelukkig maak.

'n X-straalfoto van Caden se skedel nadat die baksteun hom getref het.
‘n X-straalfoto van Caden se skedel nadat die baksteun hom getref het.

Hy moes weer leer hardloop en sukkel nog daarmee, het Andriëtte gesê. “Hy het in trane uitgebars toe ek vir hom verduidelik het dat hy nie vanjaar sal kan teruggaan skool toe nie en dus nie Graad 2 kan voltooi nie.”

Sy kan nie wag om haar seun weer by die huis te hê nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button