‘n Wondermasjien naas drukpers
Graeme Pierson, bestuurder van West Rand Rubber Stamp in Krugersdorp se Sakekern vertel wat sy lasersny- en graveermasjien so spesiaal maak.
’n Wondermasjien!
Dit is hoe ’n opgewonde Graeme Pierson, bestuurder van die West Rand Rubber Stamp in Van Bredastraat in die hartjie van Krugersdorp se sakekern was toe hy sy splinternuwe lasersny- en graveermasjien beskryf het.
Dié Epilog Laser Fusion M2 CO2, ‘n masjien wat meer as R500 000 werd is, is die derde een van sy soort in Suid-Afrika, maar dit is die eerste een in die land wat met ‘n kamerastelsel toegerus is om seker te maak dat die koolstofdioksied gas gebasserde laserpunt sy sny- en graveerwerk tot die kleinste detail perfek doen.
“Daar is ‘n paar lasersny- en graveermasjiene in die dorp, maar ek reken dat hierdie een moontlik die fynste van almal werk. Ons het die masjien gekry om werk te doen wat ons voorheen nie kon hanteer nie. ”

Alhoewel daar verskeie masjiene op die mark is om verskillende sny- en graveerwerk op verskillende materiale te doen, is hierdie masjien in staat om veel meer veelsydig te wees,” het Graeme gesê.
“Die materiale waarop daar gewerk kan word is jou meer organiese en meer plastiekerige materiale soos hout, akriel, glas, leer, materiaal, bedekte metale, bedekte aluminiumplate, keramiek, marmer, lekkergoed en talle ander.”
Vir Graeme is hierdie masjien die beste ding sedert Johannes Gutenberg se drukpers van die laat 1430s.

“Ek kan hierdie masjien gebruik om ‘n verskeidenheid van vorms, prentjies en dies meer te druk. Al wat ek moet doen is om seker te maak ek kommunikeer met die masjien deur middel van ‘n rekenaar wat dan die kameras wat binne-in die masjien geinstalleer is gebruik om die betrokke werk 100 per sent perfek uit te voer.”
Die items waarop hy die masjien sal gebruik, sal meestal vir troues, partytjies, foto’s op hout, uitsny van partytjie bokse, korporatiewe geskenke en kommersiele werk uitmaak.
Vir meer inligting kan Graeme by 011 655 2009 gekontak word.
Graeme Pierson vertel meer:
