[VIDEOS] Vele kerke, min lede?
Daar is meer te wete oor die kerke in Krugersdorp as net die gebou waarin dit gehou word.
Het jy geweet Krugersdorp het meer as 100 kerke?
Maar daar is ’n afname in die grootte van die kerke. Pastoor Gerrit Mes van die AFM Church in Noordheuwel het met die News gesels oor die rol van die kerk in vandag se lewe.
Om amper elke hoek en draai in die dorp vind mens ’n kerk; dit sluit kerke in van Nederduits Gereformeerd en Ou Apostolies, tot Pinkster en Apostoliese Geloofsending.
Volgens die gemengde reaksie oor die groot aantal kerke op Facebook na die News ’n meningsopname gedoen het onder die Krugersdorp Network Community-blad, is inwoners onseker of die kerke vol is of dit nodig is om kerk toe te gaan vir geestelike voeding.
Gerrit, ’n pastoor en inwoner in Krugersdorp vir 34 jaar, verduidelik dat elke kerk nie noodwendig vol is nie, maar dat daar wel ’n groot vloei tussen verskillende kerke is.
“Jy gaan waar jou gees gevoed word,” het hy gesê.
“Daar is wel ’n afname in bywoning by die historiese kerke soos die AGS of NG kerke, maar daar word gereeld nuwe onafhanklike kerke gestig. Alhoewel, ’n afname in belangstelling veroorsaak dat hierdie kerke nie lank hou nie.”
In die laaste vyf jaar is daar 120 nuwe onafhanklike kerke op die Wes-Rand gestig, waarvan 80 reeds gesluit het.
“Dit kos ook ’n hewige bedrag om ’n kerk aan die gang te hou.”
Die sendelingkostes, petrolkostes wanneer ons vir lede in die hospitaal gaan kuier en die pastoor se salaris word alles deur die gemeentelede se offergawes betaal. Die offergawes word dus weer terug in die kerk én die gemeente geploeg.
“Meeste kerke het byvoorbeeld gratis berading vir die gemeentelede.”
Kerke dra ook by tot gemeenskapsontwikkeling deur voedingskemas, skoolbesoeke en selfs pastorale hulp aan dwelmverslaafdes.
Of daar nodig is om kerk toe te gaan vir geestelike voeding, raai Gerrit aan dat jy wel gaan.
“’n Kerkdiens is een uur uit ’n gejaagde week waarin jy kan rustige raak.”
Vir meer foto’s van kerke in Krugersdorp, kliek hier.
Verwante artikels:
• Ontmoetings met die lewende God begeur nie net in die kerk nie
• Kerk en kroeg veroorsaak slaaplose nagte
