Editor's choiceLocal newsNews

[FOTO’s] Pret ken g’n ouderdom

Helpende Hand hou bejaardes jonk van gees met unieke kleuterprojek.

Een is jonk en die ander is oud, maar albei verorber ‘n pizza ewe vinnig .

Met ‘n gelag en gespeel het 20 behoeftige kleuters en 20 behoeftige bejaardes die kans gekry om op ‘n unieke manier na mekaar uit te reik

Saam met Solidariteit Helpende Hand se Wes-Rand tak het Emmanuel Tehuis en Jollige Jakkers, ‘n kleuterskool vir minderbevoorregtes, saam die dag deurgebring.

Bejaardes en kleuters is in pare ingedeel om ‘n klein kunsprojek aan te pak. Daarna is pizza uitgedeel en selfs lekker gedans.

“Solidariteit Helpende Hand reël dié aksie om seker te maak dat daar ook in dié groepe se behoeftes, wat nie finansieel meetbaar is nie, voldoen kan word,” het Marlien van der Westhuizen, Helpende Hand se skakelbeampte vertel.

Die kleuters het die bejaardes ouma of oupa of selfs gogo genoem. Die bejaardes het ‘n paar lewenslesse aan die jongklomp probeer oordra, maar die pizza en kunsprojek het ‘n te jolige atmosfeer geskep vir ernstige sake.

“Kleuters se behoefte aan liefde en bejaardes se behoefte aan geselskap kan met geen fisiese donasie verlig word nie. Dit is ‘n unieke tipe armoede en hierdie is ‘n eerste poging waar behoeftiges hulself en andere help deur eenvoudig te gee wat hulle kan: hul tyd en liefde,” het René du Preez, projekorganiseerder van Helpende Hand gesê.

Baie bejaardes vereensaam, maar ‘n vriendelike kindergesiggie sal ‘n swaar hart gou weer opbeur. Die hoop is dat die interaksie positief vir albei groepe sal wees en dat daar in die toekoms meer sulke ontmoetings gereël kan word.

Verwante artikels:

Vrygewige maters maak harte bly

Geen water by aftree-oord?

Oupa en ouma se groot 1950’s-bederf

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button