Editor's choiceLocal newsNews

Dagkliniek vir dwelmverslaafdes

"Dwelmmisbruik is nie 'n siekte nie, dis 'n keuse."

Inwoners wat keelvol is vir die dwelmepidemie in die gemeenskap behoort binnekort verligting te ervaar.

Basil Bines, ’n plaaslike dwelmvegter en stigter van Quo Vadis Health Centre werk die afgelope 11 jaar met dwelmverslaafdes in die gemeenskap.

Quo Vadis, wat ‘waarheen jy op pad is’ beteken in Latyns, is Basil se missie en die motivering agter die beoogde dagkliniek wat in die omgewing gaan open.

“Ons beplan om ’n dagkliniek te open waar opgeleide susters en gemeenskapwerkers bystand aan pasiënte sal lewer,” verduidelik Basil.

Die kliniek sal ook dwelmtoetse en oorlewingsuitrustings verkoop om te help met verslaafdes se ontrekkingsimptome as hulle van dwelms probeer afkom.

Basil meen die jeug is besig om al hoe dieper in ’n groef te val en hy voel jammer vir die polisie en hofaanklaers wat gereeld hiermee moet werk.

Hy glo ook daar moet strenger opgetree word teenoor dwelmverskaffers.

Die beoogde dagkliniek sal ook vaardighede en ontwikkelingsprogramme aanbied om herstellende verslaafdes aan te moedig om skoon te bly sowel as ’n 24-uur noodlyn.

“Dit is belangrik vir families om betrokke te raak by die herstelprogram. Hulle sal leer hoe om die verslaafde te hanteer en te help. Verslaafdes se grootste probleme is verwerping en dat hulle te veel in die verlede leef.”

Basil het gesê dit is gevaarlik om dwelmverslawing as ’n siekte te bestempel omdat dit net verjammering by die verslaafde ontlok, wat dan daartoe lei dat die verslaafde dieper verval.

“Dwelmmisbruik is nie ’n siekte nie, maar ’n keuse.”

Verder glo Basil dat rehabilitasiesentrums ’n maklike uitweg is wat die verslaafdes weg van die probleem af neem, maar nie daarteen beskerm nie. Wanneer hulle terugkeer na hul normale lewens, word hulle maklik weer in versoeking gelei.

“Jy moet gerehabiliteer word waar jy is sodat jy die probleem by die horings kan pak en aanpas in jou area.”

Sy grootste bekommernis oor die dwelmepidemie is die “gemors” wat hulle deesdae met die dwelms meng wat dit meer giftig en dodelik maak – erger as van tevore.

Basil help graag met dwelmverslaafdes en kan by 074 238 8769 gekontak word vir navrae of ondersteuning.

Verwante artikels:

Plan of action in place to fight drugs

Marching against drugs and prostitution

Surviving drugs with Dynamix

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button