Editor's choiceLocal newsNews

Agente vat hulle goed en trek

Agente van hierdie dinamiese eiendomsagentskap vier hulle nuwe tuiste en ook hulle nuwe naam.

‘n Eiendomsagentskap groep is tans besig om die Wes-Rand oor te neem.

Die RE/MAX groep het in 2013 hulle eerste deure in Randfontein oopgemaak en twee jaar later spog hulle met die samesmelting van ‘n addisionele tak sowel as ‘n ander agentskap.

Kobus Steenekamp, Nelis du Plessis, Anita Steenekamp, Valerie Kritzinger, Simon Steenekamp en Janus de Jonge.
Kobus Steenekamp, Nelis du Plessis, Anita Steenekamp, Valerie Kritzinger, Simon Steenekamp en Janus de Jonge.

Die groep het saam met Private Property van Witpoortjie saamgesmelt en ook ‘n nuwe tak in Krugersdorp oopgemaak wat ‘n totaal van 45 agente huisves.

Hulle het ook verlede maand ‘n gesellige byeenkoms gehad om die bekendstelling en nuwe vennootskappe te vier.

Die aandeelhouers van RE/MAX Town and Country is Kobus Steenekamp, Nelis du Plessis, Simon Steenekamp, Janus de Jonge en Anita Steenekamp.

Die tak is ook baie opgewonde om aan te kondig dat hulle vanjaar deel sal wees van ‘n nuwe program wat op KykNET uitgesaai sal word genaamd Vat jou goed en trek wat so toepaslik op hulle beroep is.

Verwante artikels: 

re/max beyond 200 

Sterte kwispel warmer 

Perfecting the art of coaster making 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button