Editor's choiceLocal newsNews

Kleinvallei steek sy hand uit

Die VF Plus is by Kleinvallei betrokke om inwoners te help

Kleinvallei se mense wat op ’n nedersetting aan die buitewyke van Krugersdorp woon het verlede week die bietjie wat hulle het met ander gedeel.

“Kleinvallei het gereageer op ’n dringende versoek op Facebook dat ’n jong vrou met ’n agt-dae-oue baba dringend hulp nodig het,” het raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus in Mogale City gesê.

Die Kleinvallei-vroue het twee sakke klere (een vir die baba en een vir die ma), asook ’n stootwaentjie en kombersies bymekaar gemaak.

“Ons het dit by The Cradle of Hope gaan aflaai waar ons met ope arms ontvang is. Dit is wonderlik dat daar vrywilligers is wat help om aan minderbevoorregtes se behoeftes te voorsien,” het Amanda gesê.

Sy het vertel dat Kleinvallei die AfriSaam-musiekfees aanbied tot vandag, 10 Augustus. Bekende sangers soos Jay, Arno Jordaan, Gerhard Steyn, Steve Hofmeyr, Lance James en vele ander sal tydens die vier-dag musiekfees optree. Kaartjies is reeds beskikbaar.

Vir navrae en die program vir die vier dae, besoek AfriSaam-fees se webwerf of Facebook-blad, asook Kleinvallei se webwerf. Daar sal kaartjies by die hekke beskikbaar wees.

“Kleinvallei se inwoners wil selfonderhoudend wees. Hulle wil graag in hul eie huise woon, hul eie geld verdien en self na hul behoeftes omsien. Die werksplaas bied hulle daardie geleentheid.”

Die winste wat uit die musiekfees gemaak word, sal aangewend word tot die jeugtuiste, bejaarde sorgsentrum en gesinshuise wat gebou gaan word.”

Die kunstenaars wat tydens die fees optree, speel ’n geweldige rol in die verwesenliking van die Kleinvallei-plaasprojek, asook die bydraes van die publiek.

Die VF Plus is by Kleinvallei betrokke om inwoners te help. Amanda besoek gereeld die gemeenskap.

Verwante artikels:

‘n Fees vir die familie

• Kleinvalleiers verbeter hul lewe stuk vir stuk

• White squatters happy in Munsieville

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button