Totsiens Hennie die haarkapper
Hennie die haarkapper se legende sal by leef deur sy vrou en salon.
‘n Bekende in die haarsny bedryf sal altyd as ‘n inspirasie en legende onthou word volgens geliefdes.
Hennie Coetzee, of Hennie die haarkapper, was geken vir sy snystyle, ‘perms’ en die buitengewone atmosfeer by sy salon in Chelseylaan in Kenmare.
Maar vroeër vanjaar het Hennie eweskielik siek geword en is op 12 Augustus aan velkanker oorlede. Sy familie, vriende en kliënte is in rou gedompel oor sy skielike afsterwe.
Van so ver as Witbank, Nelspruit, Pretoria, Randfontein, Germinston en selfs spogerige Sandton het kliënte gereis om hulle hare deur Hennie se lemme te laat gly.
Hennie het in 1979 gekwalifiseer as ‘n professionele haarkapper en het in 1985 sy meesters graad in die snykuns ontvang.
Sy regterhand, Poppie Johnson, het vir die afgelope 30 jaar saam Hennie gewerk en meen dat alles wat sy weet van hare te danke aan hom is.
Op ‘n normale Saterdagoggend is die salon gewoonlik propvol oud en jonk wat hulle beurt afwag vir hul afspraak terwyl hulle koffie drink, klets en ‘n sigaret rook.
Die salon waghond, Rambo, soengroet byna elke kliënt wat hulle voete in die deur sit en vat soms ‘n kans om op ‘n skoot te spring as jy hom nie gou genoeg keer nie.
“Meneer Coetzee het altyd gesê as hy eendag ‘gaan’ moet ons hom met sy skêr en haardroeër begrawe dat hy teminste hare kan mooi maak in die Hemel,” Poppie vertel.
Sy beskryf Hennie as ‘n pa en ‘n oupa vir haar kind wie altyd daar was vir haar in haar uur van nood.
“Hy kon sy kleure meng en baie mooi sny. Min haarkappers kon hare nog so op dollie soos hy.”

Sy vrou, Anette wat nou die salon by hom sal oor neem het aan die News vertel dat hy al op die jong ouderdom van 14 jaar begin hare sny het.
“Sommige van sy kliënte ondersteun hom al vandat hy ‘n vakleerling was.”
Soos die nootlot dit wou hê, het Anette vir Hennie ontmoet toe sy ‘n vakleerling onder sy toestig was en het 38 gelukkige jare in die huwelik met hom gedeel waarvan hulle twee dogters saam het.
“Baie dankie vir al die ondersteuning van ons lojale kliënte oor die jare,” het ‘n emosionele Anette gesê.
Sy wil graag hul kliënte gerus stel dat Hennie se legende aanhou sal by leef deur die salon en geen bos hare ongesnyd sal gaan onder die bekwame hande van haar en Poppie nie.
Soorteglyke artikels:
•Easy hairstyles for short hair
•Mother and daughter chop off hair for Cansa
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
