Local newsNews

Krugersdorp meestal bejaard?

Met die stigting van 'n nuwe tehuis wonder mens hoekom daar so groot aanvraag op tehuise in Krugersdorp is?

Krugersdorp het op die oomblik meer as 10 outehuise en aftree-oorde wat na meer as 1 500 bejaardes omsien of versorg op een of ander manier.

Hierdie bewering sluit nie bejaardes wat nog onafhaklik van tehuise voortgaan nie of díe wat op bestaande tehuise se waglyste is nie. Dit sluit ook nie tehuise of bejaardes in Magaliesburg, Muldersdrift, Hekpoort of Kagiso in nie.

Met hierdie inligting, is dit g’n wonder dat nog ‘n tehuis onlangs sy deure vir die bejaardes in Krugersdorp oopgemaak het nie.

Eureka Care, wat deur Kobus van Staden besit word, het in Augustus hul deure oopgemaak om vir omtrent 10 bejaardes sover ‘n nuwe tuiste te skep.

“Ons het al baie navrae gekry van kinders wat hul ouers graag in ‘n tehuis wil bevestig,” vertel bestuurderes Susan Oosthuizen.

“Ja, meestal kry ons navrae van die kinders en nie die bejaardes nie,” sê sy.

Wat Susan ook agter gekom het, is die groot hoeveelheid bejaardes wat uit ander dorpe en selfs provinsies hulself hier in Krugersdorp op hulle ou-dag wil vestig.

Susan Oosthuizen en haar mede-bestuurderes Maresa Richards het die News bietjie meer oor die stigting van 'n tehuis vertel.
Susan Oosthuizen en haar mede-bestuurderes Maresa Richards het die News bietjie meer oor die stigting van ‘n tehuis vertel.

“Ek dink dit is omdat hier sulke goeie mediese fasiliteite beskikbaar is,” verduidelik Susan.

Susan noem dat bejaarde mensies nie daarvan hou om heeltyd rond te skyf wanneer die tehuis nie vir hulle kan sorg as hulle sieker word nie.

“Ons verstaan dit,” meen Susan.

Maar om ‘n tehuis oop te maak is nie so maklik soos wat dit klink nie. As jy wel die een wil wees wat ‘n tehuis wil stig, wag ‘n lang lys van prosedures wat jy moet volg voordat jy jou deure kan oopmaak. Eerstens moet jy die huis of perseel waarop jy die tehuis gaan stig, bejaarde-vriendelik maak deur byvoorbeeld betroubare en stewige handvatsels langs trappe en in die badkamer te installeer. Daarna registreet jy en doen aansoek vir akkreditasie. Jy kan dan weer verwys word om nog fasiliteite te installeer voordat jy geakkrediteer word.

Maar vir Susan gaan dit op die einde van die dag oor die geluk van hulle bejaardes.

“Hulle wil nie alleen wees nie. ‘n Tehuis bied ‘n tuiste aan en die gevoel van ‘n familie eenheid,” verdeuidelik Susan.

Jy kan wel gerus voel dat daar genoeg geleentheid vir jou sal wees in Krugersdorp om in veilige hande oud te word.

Lees ook:

Bejaardes ervaar beurtkrag só

[FOTO’S] Ouetehuis-optrede onder die bome

Sweet tap by bejaardes se interhuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button