Local newsNews

‘105 jaar se sukkel, maar ons oorleef’

Namate daar gesukkel word om subsidies te kry, leef Môreglans Tehuis nog 'n jaar.

Môreglas Ouetehuis het op 13 November 105 jaar se bestaan gevier en die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) bedank daarvoor – maar dit beteken nie dat dit goed gaan met die tehuis nie.

Nadat nostalgie ingekruip het toe die tehuis koor Afrikaners is Plesierig en My Sarie Marias sing, kan dit moeilik wees om te glo dat hiedie nie-winsgewende organisasie (NWO) met net beperkte staatshulp klaarkom.

“Dit is ‘n aanhoudende stryd om subsidies [van die staat] te kry,” het Marieta Kemp, voorsitter van die nasionale koalisie vir maatskaplike dienste (Nacoss) vertel.

“In die meeste gevalle word subsidies laat uitbetaal en soms glad nie. Wanneer dit wel kom, is dit dikwels nie genoeg om ‘n beduidende verskil te maak nie. Dit dwing NWO’s op hul knieë,” sê sy.

Marieta was ook by die verjaarsdagvieringe en het saam met die president van die SAVF, Katrien Botha en Môreglans se bestuurder, Fanie Meyer, die voortbestaan van die sentrum gevier.

“Ons is steeds besig om te baklei vir beter staatsubsidies,” het Katrien aan die diensbestuur van Môreglans tehuis gesê.

Volgens haar, blyk die versorging van bejaardes nie vir die hedendaagse regering belangrik te wees nie. Maar sy glo die SAVF sal voortbestaan, soos wat dit die afgelope paar jaar doen, sonder hulp van buite af.

Die SAVF was eers gestig as ‘n na-oorlogse armoedverligtingsorganisasie, maar die nood vir bejaarde tehuise het aansienlik verhoog en SAVF stig toe kort na sy bestaan vir Môreglans Tehuis in Krugersdorp,

Fanie Meyer het verduidelik dat die tehuis nog oorleef omdat daar streng beheer oor die tehuis se finansie toegepas word.

“Sowat 120 behaardes woon in die tehuis wat dit kan bekostig om vir hul huisvesting en besorging te betaal. Dit maak dit moontlik om vir díe wat nie kan betaal nie, te help.”

Thebe Mohatle, woordvoerder van die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkelling, sê NWO’s se aansoeke is dikwels nie duidelik en noukeurig nie en meen hulle het meestal nie die vermoeë om geld doeltreffed te bestuur nie.

Nietemin, Môreglans leef voort en sorg jaarliks vir Krugersdorp se bejaardes en word deur die diensbestuur onderhou.

Gelukkige verjaarsdag, Môreglans!

Lees gerus verder hier:

• Môreglans doen dit sommer self

• Môreglans doen dit sommer self

• Soet liefde vir Môreglans

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button