Van een Kersvader tot 11 Kersbome, so het Poppie Holloway haar Kersversierings bymekaar gemaak. Nou belig haar huis elke aand in Desember die hele straat met Kersliggies.
“Ek is passievol oor Kersversierings. My kinders en familie weet presies wat ek vir my verjaarsdag en selfs vir Kersfees wil hê – Kersversierings,” het Poppie gesê.
Soos wat jy deur Van Wykstraat in Krugersdorp-Wes ry, sien jy skielik ’n liggie skyn. Dan twee, dan drie … dan driehonderd.
Die familiehuis is een van die mooiste opgemaakte huise in die dorp. Dit is versier met ligte, sleë, bokkies, Kersvaders wat sing en ’n reuse Kersboom.
Poppie is bekend in die dorp as die tannie met die mooi Kersligte, alhoewel sy hierdie jaar vir die eerste keer só baie versierings uitstal.
Kyk die video van dei kersliggies:
“Ek het al hierdie versierings vir jare bymekaar gemaak en dié jaar was daar genoeg om groot te gaan,” het sy gesê.
Poppie wil volgende jaar nóg meer ligte en versierings opsit.
“Ek wil ’n miljoen liggies aanskakel,” het sy gesê.
Elke aand verwelkom Poppie en haar gesin ouers wat hul kinders die Kersliggies wil kom wys.
“Dit is werklik baie mooi,” het een mamma aan die News gesê terwyl haar kinders die tuin deur gesoek het vir die kleinste, mooiste versiering.

Volgens Poppie kos dit nie te veel om dié skouspel aan die gang te hou nie.
“Ons skakel die liggies net vir ’n rukkie in die aand aan en baie van die liggies is batteryaangedrewe,” het sy verduidelik.
Poppie nooi die gemeenskap uit om na haar Kershuis te kom kyk in Van Wykstraat 59.
Verwante artiekels:
• Die mooiste huis in die dorp
• Die mooiste huis in die dorp
• Jong paartjie hou ‘n vroeë Kersfees vir liefdadigheid
